RIVERSDAL NUUSFLITS – Sewe skole in die Hessequa-streek het op 31 Januarie hul Eko-status-toekenning vir omgewingswerk gedurende 2012 ontvang. Die Eko-skole program moedig skole aan om betrokke te raak by omgewingsbewaring en skole bou deur die jare aan hul omgewingsportefeuljes en word elke jaar evalueer op hul aksies en gemeet aan die vereistes vasgestel deur die Eden Distriksmunisipaliteit. Mnr. Vernon Gibbs-Halls (Omgewingsbeampte, Eden Distriksmunisipaliteit) het die oorhandiging van die sertifikate behartig en skole bedank vir hul puik werk en toewyding tot die onderskeie Eko-skole projekte.






