Dryland Event Management het in samewerking met enkele grondeigenaars wat lede is van die GCBR, verlede jaar tydens Mei, ‘n fietstoer in die Vanwyksdorp omgeving aangebreid. Mnr Danvil Esau en ‘n aantal skoliere het tydens hiertoe geleentheid ‘n waterpunt beman. Uit erkenning vir die skool se betrokkenheid en bydrae tot die sukses van die fietstoer, is dit aangenaam vir Dryland en die GCBR om sporttoerusting aan Vanwyksdorp Primêr te oorhandig.

