Search this site

Archive

Syndicate

 
Aangename verrassing in die GI gebied Print E-mail
Monday, 27 March 2006
Die naam Gladiolus roseovenosus is ‘n swaar begin vir ‘n lekker storie. Maar dis tog nie so ‘n moeilike naam om te verstaan nie, veral nie as jy die blom sien nie.

Die eerste naam Gladiolus is soortgelyk aan jou van (Coetzee, van der Merwe, ens.). Die geslagsnaam dui aan tot watter groep die plant behoort. Gladiolus sê dus dat die plant ‘n lid van die swaardlelie groep is (dink aan ‘gladiator’). Ja, die wel bekende plante wat ons dikwels in ons tuine groei. Die latynse naam Gladiolus vir swaardlelies het self ‘n mooi oorsprong uit ‘n ou legende. Volgens die legende het twee broers om dieselfde nooi se hand gevry en later ‘n swaardgeveg tot die dood gehad om te bepaal wie met haar sou trou. Beide is uiteindelik dodelik gewond. Net voor hulle albei sterf druk hulle hul swaarde in die grond om vrede te verklaar, waaruit daar toe die mooiste blom voortkom met swaardagtige blare. Tot vandag toe nog is swaardlelies ‘n teken van vrede.
Read more...