Search this site

Archive

Syndicate

 
Home arrow Flora
Flora
Fynbos-fokus Print E-mail
Thursday, 30 November 2006
Swartberg Fynbos Almal praat deesdae so baie oor die mooi fynbos in ons omgewing – maar weet ons ooit wat dit regtig beteken?

Fynbos is ‘n versamelterm vir die plantegroei wat tipies is van die Kaapse blommeryk. Dit kom oorspornklik van die Hollandse woord; fijnbosch en verwys na die dominante klein en fyn blaaragtige struike.

Die fynbos bestaan uit vier hoof komponente; die proteas, heide, kannette (restio’s) en bolplantjies.
Read more...
 
VVV's - Volop Vlesige Vetplante Print E-mail
Friday, 17 November 2006
ImageIn die Klein Karoo vind ons nie vreemde vlieënde voorwerpe nie, maar wel volop vlesige vetplante!

Sowat 80% van die vetplante in die Klein Karoo is endemies (kom net hier voor en nêrens anders op aarde nie!) Daarom verteenwoordig die gebied 'n belangrike deel van die Vetplant Karoo-bioom wat wêreldwyd erken word as biodiversiteits-brandpunt ("hotspot") en is ook die enigste droë biodiversiteitsbrandpunt wat erken word.
Read more...
 
Vygies - mooiste veldsterre Print E-mail
Thursday, 02 November 2006
Vygies In die Klein-Karoo kan ‘n mens aan die sterre vat. En dis nie wensdenkery nie. Die vygie-sterre wat oral padlangs groei, is op die oomblik ‘n kleurryke skouspel – wat selfs die sterre in die blink melkweg sal uitstof.

Die vygies behoort tot die groot vetplant-familie – Mesembryanthemaceae. Die vygies het meestal twee teenoorstaande vlesige blare en kenmerkend is die klomp gesnipperde blomblare wat in ‘n roset gerangskik is. Daar is ‘n groot aantal meeldrade in die middel van die blom.
Read more...
 
Aalwyne bittermooi Print E-mail
Saturday, 21 October 2006
Aalwyne Aalwyne is ‘n uitstaande kenmerk van die Klein–Karoo landskap.

Die vetplantagtige blare wat in rosette gerangskik is en die kandelaar-bloeiwyse is die twee mees opvallende kenmerke van aalwyne. Daarom is aalwyne eintlik maklik om uit te ken.
Read more...
 
Malse Malvas Print E-mail
Tuesday, 10 October 2006
Malvas Daar is loshande meer as 50 verskillende wilde malvaspesies (Pelargoniums) in die Klein-Karoo. Trouens die moeder van die hele malvabedryf in Europa kom van die Klein-Karoo af.

‘n Hollandse tuinier, ene Oldenland het in die laat 1600’s hier in ons streek kom plante versamel.Tydens die besoek het hy ‘n stukkie malva (Pelargonium zonale) saamgeneem en vir die Hertogin van Beaufort in Engeland gestuur. Sy het dadelik verlief geraak op die mooie blom en het dit begin kweek.
Read more...
 
<< Start < Prev 1 2 Next > End >>

Results 1 - 9 of 10