Search this site

Archive

Syndicate

 
Home arrow Biodiversity
Biodiversity
Kewer is pesplante se tier Print E-mail
Tuesday, 30 May 2006
LADISMITH - Die “gogga-bal”vir pesplante wat twee jaar gelede deur die Gouritz-Initiatief.(GI) aan die rol gesit is,werp beslis vrugte af.

Só sê Marina Eilers, bestuurder van bewaringsdienste en uitbreiding van bewaringsgebiede by die GI nadat grondeienaars in Grootrivier-gebied by Ladismith laat weet het dat dit lyk asof die Sesbania punicea-indringer (uit Suid-Amerika) besig is om in die rivierloop dood te gaan waar snuitkewers twee jaar gelede vrygelaat is.
Read more...
 
WATER: Bron van lewe – Of Net nog ‘n druppel aan die emmer Print E-mail
Thursday, 26 January 2006

Bakhand met ons monde naby die kraantuit les ons ons dors.  Ons week in ‘n salige bad warm water na ‘n sweetdag op die sportveld. Koue druppels spat oor ons lywe aaaa! Min dinge so verfrissend soos ‘n koue stort na ‘n warm dag in die Klein-Karoo-Somerson.

Vir die meeste van ons is H2O net ‘n doodgewone vloeistof wat ons maklik kry deur bloot ‘n kraan oop te draai. Maar WATER is skaars op ons planeet. Altesaam 97% van die aarde se water is in die oseaan en dus sout. Van die oorblywende 3% vars water is 2,2% deel van die Pole en dus verys.

Read more...
 
Die Gouritz - ‘n unieke rivier-opvangsgebied Print E-mail
Thursday, 26 January 2006
Baie mense en diere is afhanklik van die water in die Gouritz-stelsel met reuse watervoorsieningskemas soos die Stompdrif-Kammanassie-skema wat tot 70 miljoen kubieke meter water verskaf aan besproeiingsboere in die Olifantsrivier.

Nog groot hoeveelhede besproeiingsboere in die Grobbelaars-, Paradys-, Groot-, Gamka-, Touw-, Dwyka-Langtouwriviere asook uiteindelik die Gouritzrivier.
Read more...
 
Blomme vir varke? Print E-mail
Thursday, 05 May 2005

'n Interessante voorbeeld van die belangrikheid van 'n ekologiese proses hier uit ons eie kontrei is die Lelievlei-reservaat in die inheemse woud naby Karatara. Almal wou graag die George-lelies daar bewaar. Hulle maak toe 'n plan en kamp die George-lelies af binne Lelievlei-reservaat. Maar wat gebeur toe oor 'n dertig, veertig jaar periode? Die George-lelies het totaal en al verdwyn, hulle het net minder en minder geword en uiteindelik was daar omtrent niks oor nie.

Read more...