Search this site

Archive

Who's Online

We have 17 guests online

Syndicate

 
 
Home
Rooibergpas- hoe rooier, hoe mooier! Print E-mail
Thursday, 21 September 2006
Pak ‘n piekniekmandjie, sit ‘n hoed op jou kop en mik vir Vanwyksdorp via die Rooibergpas.

Sommer aan die Noordelike voetheuwels groei Monechma incana (Skaapbloubossie/ Netvetbos). Om die volgende draai is ‘n pers waterval van Septemberbossies (Polygala pinifolia). Hou stil, kyk en geniet en ruik ook sommer aan die blommetjies. Van naderby lyk dit soos klein kabouterskoentjies met tossels op. Die `tossels’ is kenmerkend van die Polygala-familie.
‘n Entjie verder staan ‘n geel massa van Harpuisbosse (Euryops rehmannii). Teen die skuinste uit trap jy skielik op iets wat baie lekker ruik. ‘n Boegoe! Die Acmadenia sheilae met helder pienk blomme. Kyk of jy nog van die ander Boegoe-soorte kan vind met wit blomme (soos Agatosma lanata of Agatosma capensis).

Miskien is jy gelukkig om ‘n stukkie blou hemel langs die pad raak te sien en dit gaan jou sommer dadelik laat beter voel ! Dis die Agt-dae-geneesbossie (Lobostemon marlothii)

. Laaste maar nie die minste nie groei ‘n vlamrooi speldekussing (Protea-familie – Leucospermum pluridens) aan die suidekant. Dié speldekussing is skaars en kom net tussen die Rooiberg- en Robinsonpas voor en word deur suikerbekkies bestuif.

Hierdie berig het verskyn in die Herrie van 21 September 2006.

Hierdie artikel het op 21 September 2006 in die Herrie verskyn
 
Monechma incana (Skaapbloubossie)
 
Polygala pinifolia (Septemberbossie)
 
 
 
Euryops rehmanii (Harpuisbos)
 
Acmadenia sheilae (Boegoe)
 
 
 
Agatosma lanata (Harige boegoe)
 
Agatosma capensis (Steenbok-boegoe)
 
 
 
Lobostemon marlothii (Agt-dae-geneesbossie)
 
Leucospermum pluridens (Speldekussing)
 
 
 
< Prev   Next >