Search this site

Archive

Syndicate

 
Home arrow Flora arrow Flora - Afrikaans arrow Malse Malvas
Malse Malvas Print E-mail
Tuesday, 10 October 2006
Malvas Daar is loshande meer as 50 verskillende wilde malvaspesies (Pelargoniums) in die Klein-Karoo. Trouens die moeder van die hele malvabedryf in Europa kom van die Klein-Karoo af.

‘n Hollandse tuinier, ene Oldenland het in die laat 1600’s hier in ons streek kom plante versamel.Tydens die besoek het hy ‘n stukkie malva (Pelargonium zonale) saamgeneem en vir die Hertogin van Beaufort in Engeland gestuur. Sy het dadelik verlief geraak op die mooie blom en het dit begin kweek.
Die naam Malva is die eerste keer deur Jan van Riebeeck gebruik en is afgelei van die Engelse woord; Mallow. Dit beteken ‘n wilde of gekweekte plant met pienk/ pers blomme en fyn haartjies op die stingels en groen blare.‘n Donker watermerk op die groen blare is dikwels kenmerkend.

Die malvas is nie net pragtige sierplante nie, maar baie word ook benut vir die produksie van malvageurige olies wat onder andere ook in parfuums gebruik word.

Al die vensterkassies in Europa wat so oorloop van die mooie rooie malvas kom dus eintlik oorspronklik hier uit ons kontrei!

Hierdie berig het verskyn in die Herrie van 5 Oktober 2006

Oorspronklike artikel

 
Pelargonium zonale (wilde malva) `Zonale’ verwys na die hoefystervromige `sone’ of watermerk op die groen blare.
 
Pelargonium exstipulatum (Lekkerruik malva) Die malva het geen steunblare aan die onderkant van die blaarstele nie. Die malva is skaars en is slegs beperk tot die area tussen Ladismith en De Rust.
 
 
 
Pelargonium peltatum (Ivy-blaar malva) Peltata verwys na die skildvormige groen blare. Die blomblaarsap is bloupers en volgens oorlewering het die naturalis William Burchell dit gebruik om mee te skilder.
 
Pelargonium tetragonum (Vierkant-stingel malva) Tetra beteken vier en gonia beteken hoekig in Grieks. Die malva rank dikwels in Ghwarriebome, Noem-noems en oor rotse.
 
 
< Prev   Next >