|
VVV's - Volop Vlesige Vetplante |
|
|
|
Friday, 17 November 2006 |
In die Klein Karoo vind ons nie vreemde vlieënde voorwerpe nie, maar wel volop vlesige vetplante!
Sowat 80% van die vetplante in die Klein Karoo is endemies (kom net hier voor en nêrens anders op aarde nie!) Daarom verteenwoordig die gebied 'n belangrike deel van die Vetplant Karoo-bioom wat wêreldwyd erken word as biodiversiteits-brandpunt ("hotspot") en is ook die enigste droë biodiversiteitsbrandpunt wat erken word.
Vetplante het sappige, vlesige vet blare, stingels en stamme wat amper uit hul nate bars in die reëntyd. Die vetorgane stoor water soos 'n wateropgaartenk om te kan oorleef tydens die baie warm droë maande.
Hierdie artikel het in die Herrie van 16 November 2006 verskyn.
Oorspronklike artikel
|