Search this site

Archive

Who's Online

We have 6 guests online

Syndicate

 
 
Home
Fynbos-fokus Print E-mail
Thursday, 30 November 2006
Swartberg Fynbos Almal praat deesdae so baie oor die mooi fynbos in ons omgewing – maar weet ons ooit wat dit regtig beteken?

Fynbos is ‘n versamelterm vir die plantegroei wat tipies is van die Kaapse blommeryk. Dit kom oorspornklik van die Hollandse woord; fijnbosch en verwys na die dominante klein en fyn blaaragtige struike.

Die fynbos bestaan uit vier hoof komponente; die proteas, heide, kannette (restio’s) en bolplantjies.
Die proteas is nie net die tipiese Koningsprotea soos ons dit as nasionale blom ken nie, maar sluit in alle fynbosstruike met breë, harde blare soos die wabome, speldekussings, tolbosse en die suikerbosse. Die heide of Erica-agtige komponent sluit in die heide, die blombosse, boegoes, ertjies, kol-kol en skoenlapperbosse. Die rietagtige groep plante wat ‘n draderige groeivorm het, sluit in die restio’s, biesies en die grasse. Die bolplante – net soos die naam aandui, is alle plantjies wat ‘n bol onder die grond maak.

Waar presies is die fynbos geleë?

Die fynbos kom hoofsaaklik in die laagland-gebiede langs die kus en op die kusvlaktes voor asook in die berge en groei meestal in suur grond wat ‘n lae voedingswaarde het.

Wat verstommend is van die Kaapse blommeryk, is dat daar nagenoeg 9000 spesies binne ‘n area van 90000 km² voorkom en dat 70 % van hierdie spesies net natuurlik hier voorkom en nêrens elders in die wêreld nie.

Oorspronklike artikel

 
Erica ceranthoides (Rooihaartjie-heide) kom wydverspreid oral in die Kaapse berge voor.
 
Elegie sp. (kannet) is ‘n voorbeeld van ‘n tipiese restio.
 
 
 
Berzelia intermedia (Kol-kol) kom voor in die natter dele van die Outeniquaberge.
 
Syncarpha paniculata (Sewejaartjie) kom in wit en pienk voor en is ‘n gewilde ruikerblommetjie.
 
 
 
Leucospermum cuneiforme (gewone Luisiesbos-speldekussing) se verspreiding is hoofsaaklik vanaf die Swellendam-area ooswaarts op die kus- en binnelandse berge.
 
Watsonia knysnana (kanolpypie) kom voor suid van die Outeniquaberge tot in die Oos-Kaap.
 
 
Next >