|
Kewer is pesplante se tier |
|
|
|
Tuesday, 30 May 2006 |
LADISMITH - Die “gogga-bal”vir pesplante wat twee jaar gelede deur die Gouritz-Initiatief.(GI) aan die rol gesit is,werp beslis vrugte af.
Só sê Marina Eilers, bestuurder van bewaringsdienste en uitbreiding van bewaringsgebiede by die GI nadat grondeienaars in Grootrivier-gebied by Ladismith laat weet het dat dit lyk asof die Sesbania punicea-indringer (uit Suid-Amerika) besig is om in die rivierloop dood te gaan waar snuitkewers twee jaar gelede vrygelaat is.
Nadere ondersoek vandeesweek het dit bevestig. Danksy ‘n boer, mnr.Gawie Velschenk, wat die Sesbania-probleem in die loop van die Grootrivier in die Klein-Karoo aangemeld het, kon die G.I ‘n plan maak.
Met die hulp van kundiges soos die GI se wetenskaplike adviseur, mnr Jan Vlok, en sy ewe kundige vrou by CapeNature, dr Annelise Schutte-Vlok, is hulle op die regte spoor geplaas om die pes-plant probleem te takel.
“Ons het geleer dat Sesbania leef."
“Nadat ons kontak gemaak het met die Universiteit van Kaapstad se Plant Protection Research Institute (PPRI) en uiteindelik by ‘n vriendlike Abbie Heunis by onkruidbeheer op Uitenhage uitgekom het, is die ‘gogga-bal’ aan die rol gesit,” vertel sy.
Die snuitkewers is spesiaal “geteel” en uiteindelik vanaf die Oos-Kaap in ‘n kartonboks aangestuur.
Die snuitkewers is in 2004 op die Sesbania in die Grootrivier-loop vrygelaat. Ná twee jaar is die Grootrivier-loop in die Gouritz-opvanggebied weer skoon van die indringerplant en floreer inheemse spesies soos fluitjiesriet, palmoet en papkuil nou hier. |
|