Wise water use

Rioolwater natuurlik herwin

 'n Projek om rioolwater van De Rust op 'n natuurlike manier met behulp van plante op 'n drywende eiland te suiwer, is van stapel gestuur. 

Die projek is 'n gesamentlike poging van die Oudtshoorn-munisipaliteit, die Gourits Groep Biosfeer Reservaat (GCBR) en die gemeenskap van De Rust. Dieks Theron, voorheen 'n inwoner van De Rust, Charles Basson, GCBR-direksielid en Deon Strydom van Oudtshoorn, bestuur die projek. Volgens Theron beplan hy en Basson die afgelope vier jaar aan die projek. "Dit is vir ons 'n hoogtepunt om die projek amptelik te begin," het Theron by die rioolwerke gesê waar die eerste kunsmatige eiland in plek geanker is.

Die rioolwerke bestaan uit 'n diep reaktor waar rou riool met chemikalieë behandel word en vaste stowwe verwyder word. Die gefiltreerde water vloei oor in sewe damme. Permanente riete en papkuil wat op die oewers van die damme groei, verwyder nie die chemiese stowwe en bakterieë voldoende uit die water nie omdat die wortels nie genoegsaam kontak met die vloeiende water het nie.

Laai die volledige berig wat deur Tisha Steyn geskryf is en in die George Herald verskyn het hieronder af. 

Rioolsuiweringseiland gevestig naby De Rust (Foto: Dieks Theron)

follow us

Information

GCBR Newsletter


Twitter